Subscribe by Email

Olimpiese Spele open vannag in Rio

11Die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro begin vannag Suid-Afrikaanse tyd amptelik met die openingseremonie in die Maracana-stadion. Sowat drie miljard mense gaan na verwagting die seremonie op televisie dophou waaraan 300 dansers en vyf duisend vrywilligers in twaalf duisend kostuums gaan deelneem. Tien duisend-500 atlete gaan 207 lande op die Spele verteenwoordig. Die organiseerders het erken dat meer as ‘n miljoen van die 7,5 miljoen kaartjies vir die byeenkoms nog nie verkoop is nie.