Subscribe by Email

Oermense het wyd oerolifante geëet

Van Chili in Suid-Amerika tot die hedendaagse Madrid het die vroeë mens aan vroeë olifante weggelê.
Paleontoloë wat by Osorno die gefossileerde bene ondersoek het van gomphothere, ‘n soort oerolifant wat ‘n lang onderkaak en lang tande aan die bo- en onderkaak gehad het, het toevallig op baie primitiewe klipwerktuie van 16 000 jaar oud afgekom, en die merke daarvan op die bene gesien.
Of hierdie primitiewe mense die oerdiere gejag het, of geaas het, is nie seker nie, maar dit lyk of hulle net geaas het.
Hulle is nie die oudste vonds van oermense in Suid-Amerika nie, wat die oorspronklike opvattings oor wanneer die eerste mense die destydse landbrug oor die Beringsee oorgesteek het, met duisende jare vervroeg het.
Intussen is ook vasgestel dat mense wat 84 000 jaar gelede in die omgewing van Madrid gewoon het, ook olifante geëet het, maar letterlik nie ‘n krieseltjie vleiserigheid agtergelaat het nie, ook nie die beenmurg nie. Die wetenskaplikes moet nog vasstel of hierdie beenreste aan mammoete of die Palaleoloxodon-subspesie behoort het.
Dié nuus het ‘n vreemde kinkel gekry toe dit onlangs aan die lig gekom het dat Koning Juan Carlos van Spanje olifante gaan jag het. Hy het onderneem om dit nie weer te doen nie.
Daar was tot dusver reeds bevestiging dat oermense oerolifante se vleis in Noord-Amerika, Siberië en Sentraal-Europa benut het.
http://www.santiagotimes.cl/chile/science-technology/23717-evidence-of-the-earliest-human-activity-found-in-chiles-south

http://www.eurekalert.org/pub_releases/2012-04/f-sf-om042412.php