Subscribe by Email

OBE vir Johnny Clegg

johnny_clegg_sallaway_2-MediumDie Britse Hoëkommissaris in Suid-Afrika, Judith Macgregor, het aangekondig dat Koningin Elizabeth die Tweede die Orde van die Britse Ryk (OBE) aan die Suid-Afrikaanse musikant, filantroop en aktivis, Johnny Clegg, toegeken het.

Sy sê in ‘n verklaring dit is in erkenning vir Clegg se dienste aan die kunste, mense en kinders wat kwesbaar is en vir demokrasie in Suid-Afrika.

Die 62-jarige Clegg, ook bekend as die Wit Zoeloe, is veral bekend vir sy musiekgroepe, Juluka en Savuka.