Subscribe by Email

Obama se gewildheid taan tot laagtepunt

Pres. Barack Obama se gewildheid het volgens die jongste Gallup-peiling tot onder die 40 % gedaal, na dit nog in die week na Osama bin Laden doodgeskiet is, op 53 % gestaan het.
Volgens die peiling is 54 % ontevrede met Obama se vertoning, die hoogste nog.
Gallup is skynbaar in die verleentheid gestel deur die slegte syfers vir Obama, en het nie die gebruiklike artikel geplaas, nie, net die grafiek. Die gevolg is dat die Amerikaanse media die nuus ook nie dra nie, aldus die Christian Coalition of America wat die nuus versprei het.