Subscribe by Email

NVG ontken hy gaan minister Gordhan binnekort aankla

Pravin+Gordhan+XXXDie Nasionale Vervolgingsgesag het berigte ontken dat Finansminister Pravin Gordhan en drie ander voormalige amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens binnekort van korrupsie aangekla kan word. Sondagkoerante het gister berig dat sowat dertig getuies gereed is om teen hulle te getuig oor onder meer die toekenning van vroeë pensioen aan Ivan Pillay, wat een van die vier is. Die NVG sê geen individue is nog identifiseer nie aangesien die dossier nog bekyk word om vas te stel hoe sterk die bewyse is. Indien daar voldoende bewyse is, sal ‘n besluit geneem word.