Subscribe by Email

Nuwe vuurwater sit tier in tenk

Danksy genetiese manipulasie kon Amerikaanse navorsers daarin slaag om die mikrobe, in een stap taai sellulose in bruikbare brandstof te laat omskep. Biobronne soos houtsaagsels en harde grasse kan nou relatief goedkoop in ‘n biobrandstof, bekend as isobutanol omskep word.
Isobutanol is ‘n beter alternatief as etanol, nie net omdat dit biomateriaal wat ‘n kleiner impak op voedselsukuriteit soos mielies en suikerriet in biobrandstof omskep nie, maar die biobrandstof is wat eneriedigtheid, oktaangehalte en vlugtigheid betref nader aan petrol, en vermeng ook beter met petrol as etanol. Dit beteken geen dupliserende infrastruktuur is nodig nie.
Trouens, die navorsers meen isobutanol kan dalk regstreeks, en sonder aanpassings, in bestaande motors gebruik word.
Die organisme wat nou so nuttig gemanipuleer is, was voorheen reeds nuttig, soos om vuil water te suiwer, en as energieleweransier in brandstofselle.
Die nuwe verwikkeling sal in lande wat dit inspan talle werksgeleenthede op die platteland kan verseker, en die lande minder afhanklik van ingevoerde brandstof maak.- Herman Toerien
Bron: IPS

One Response to Nuwe vuurwater sit tier in tenk

  1. Jaco Hurter

    Junie 6, 2011 at 1:50 pm

    Ek soek hierdie tegnologie.
    Kan jy help?
    Ons boer op die platteland en soek na alternatiewe bronne van energe asook werkskeppingsgeleenthede en natuurlik ander bronne van inkomste.
    Ons is ernstig.
    Groetnis.
    Jaco Hurter