Subscribe by Email

Nuwe maatreëls om bedrog vas te vat deel van begrotingsrede

Vroeë aanduidings is dat finansiële markte Suid-Afrika die voordeel van die twyfel kan gee en hul daarvan sal weerhou om van staatskuld ontslae te raak, ná Gordhan ‘n groter as verwagte begrotingstekort voorspel het. Gordhan beraam ‘n begrotingstekort van 5.3%  van die bruto binnelandse produk.

Vóór die begrotingsrede het ekonome verwag dat die minister ‘n tekort van sowat 4.5% sal voorspel. Ekonome sê die markte is nie paniekerig nie weens die lae vlakke van Suid-Afrika se skuld. Hulle sê Gordhan het ‘n sterk reputasie onder beleggers, wat nie ondermyn sal word deur ‘n enkele negatiewe verrassing nie.

Pravin Gordhan het ook nuwe maatreëls aangekondig om bedrog met regeringstenders uit te skakel. Hy het in sy begrotingsrede gesê dat meer as 50 ondersoeke tot gevolg gehad het dat 65 mense in hegtenis geneem is. Hy sê die Inkomstediens is besig om toe te slaan op belasting en doeane-oortredings. Dit sluit ‘n nuwe metode in waarop sigarette gemerk word, terwyl onwettige klere en tekstiel-invoere ook vasgevat word.

Die Automobiel Assosiasie het die aankondiging in die begrotingsrede verwelkom dat miljarde rand bewillig is vir instandhouding van paaie en openbare vervoer. ‘n Woordvoerder, Gary Ronald sê 1.5 miljard rand sal aan provinsies gaan vir padinstandhouding en ‘n verdere2.5  miljard sal aan munisipaliteite gegee word vir openbare vervoerstelsels en infrastruktuur. Hy sê egter hy is teleurgesteld dat die voorgestelde toltariewe in Gauteng nie in die begrotingsrede genoem is nie.

One Response to Nuwe maatreëls om bedrog vas te vat deel van begrotingsrede

  1. Wil

    April 27, 2011 at 8:45 pm

    Begin by die grondoorsaak van korrupsie:

    Stop onwettige belasting vir wettelose korruptes!

    Die staat mag belas vir wettige gebruik, maar nooit vir sy gerapporteerde massiewe onwettige korrupsie nie. Die staat moet korrupsie voorkom of verhaal en ook belas. Indien nie, is dit ook onwettig en diskriminerend. Belastingwette wat vir korrupsie gebruik word, is ewe onwettig.

    Menigte verslae vir jare bewys die onwettige misbruik van belasting vir massiewe staatskorrupsie. Die staat beheer alle besluite, optredes, nalatighede, rekords en persoonlike inligting van sy eie korruptes. Dus bestaan geen rede waarom die staat nie korrupsie kan voorkom of verhaal en belas nie. Dis onwettig om dit nie te doen nie, en selektiewe belasting diskrimineer teen armes en eerlike belastingbetalers. Belangrikste nog, geen beskaafde wet is wettig vir ‘n kriminele of onwettige doel soos korrupsie nie, daarom is belastingwette wat daarvoor gebruik word, ewe onwettig.

    Staatskorrupsie floreer duidelik op grootskaalse onwettighede. Sekerlik is die aard van hierdie opgelope triljoene bedrae nooit wettig goedgekeur nie. Stop hierdie kriminele, onwettige, diskriminerende en beskermde staatskorrupsie met sy onwettige belastinglas. Eerlikheid deur almal sal belasting vir almal drasties verlaag.

    Verteenwoordig die korrupte staat die mense? Die korrupte minderheid parasiteer op onwettige belasting van gevange massas, ‘n kitsryk pêlle paradys. Bloedig onderdrukking van proteste teen absurde dienste.

    Teen-korrupsie miljoene mense, verwerp die wettelose korrupte minderheid, deur geen of bedorwe stemme, en eis regering korrupsievry verkies deur en in diens van jou eie mense. In eerbewys aan Andries Tatane. (Bevorder hierdie pleidooi in enige taal.)