Subscribe by Email

Nuwe kerk in kroeg trek 200 mense van oral oor

Izak du Plessis langs die pizza oond in die kroeg waar hy kerk hou. Foto Neels Jackson (Beeld)

Gister het die eerste kerkdiens van Mnr. Izak du Plessis, in ’n kroeg in Pretoria plaasgevind. Die Thirst Pub & Grill in Pretoria was gister vol gepak met ongeveer 200 mense wat hierdie unieke kerkdiens van heinde en vêr kom bywoon het. Du Plessis het verlede maand as predikant van die NG Kerk bedank met die boodskap dat hy wens die kerk het die deernis gehad wat hy soms in kroeë aangetref het en daarna besluit om sy eie kerk voortaan vanuit ’n kroeg te hou.

Gister het mense van sover as Carletonville en Johannesburg gekom om te sien hoe die nuwe kerk in ’n kroeg lyk. Met musiek van Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen en Laurika Rauch het Du Plessis sy boodskap oordra. In sy boodskap het hy ’n omelet gebruik as voorbeeld, met die doel dat wanneer die eiers klaar geklits is, het mens ook ’n pan en eierspaan nodig om dit gaar te maak.

Een van die kerk-kroeg se diens bywoners beskryf wat sy uit die boodskap geleer het as volg: “Die kern vir my, wat ek nooit sal vergeet nie, is dat gelowige mense moet aanbeweeg om net reg te staan met die eierklitser en eiers te klits. Geloof is soos die eiers. As dit net geklits word, voed dit nog niemand. Ons moet aanbeweeg, en ons eierklitsers inruil vir die spaan, wat die omelet uit die pan skep en mense (geestelik) voed. Moet nie vashaak op die oue nie. Sonder om die eierklitser neer te sit en die geklitste eiers in die pan te gooi en uit te skep met die spaan en te kaas en te beacon, laat jy mense honger ly.”

Volgens Du Plessis gebruik hy net die kroeg tydelik as ’n lokaal en dat namate hierdie nuwe kerk van hom groei, daar sekerlik na ander groter lokale gekyk moet word.

Na die diens kon die “gemeente” ’n heerlike ete nuttig in die kroeg se restaurant en natuurlik, vir die wat wou, ook ’n paar biere of iets sterkers nuttig.