Subscribe by Email

Nuwe handelaarshoof by Star Nissan Weskus vol planne

img-20161027-wa0000_resized

Johann Rheeder

Johann Rheeder, reeds bekroonde handelaarshoof het vroeg in 2016 die leisels oorgeneem by Star Nissan Weskus as nuwe eienaar. Met Sy toewyding en passie motiveer hy ‘n span van personeel wat onder alle omstandighede sal poog om hul kliëntediens en verwagtinge te oorskry.
Johann beloof top gehalte nuwe en gebruikte voertuie en ‘n uitmuntende onderdele- en diensdepartement, en maak seker hy en sy personeel sien om na alle behoeftes van ieder en elke klient wat instap.

As handelaarshoof heg hy top waarde aan elke kliënt en is uiters passievol oor hul diens en daarom streef hy en sy personeel daarna om ‘n blywende verhouding met hul kliente te bou en met trots elke nuwe klient te verwelkom by die Star Nissan Weskus Familie.

Star Nissan Weskus is geleë in Vredenburg en Johann nooi bestaande en nuwe kliënte uit om self die uitstekende verkope en na-verkope diens regoor die Weskus, en selfs landwyd te kom ervaar.