Subscribe by Email

Nuwe Bokafrigter word vandag aangekondig

341703e8d2ae8231f918e851bb0b590ae7dd0045‘n Nuwe Springbok-afrigter word vandag aangekondig om Heyneke Meyer op te volg wat einde verlede jaar bedank het nadat Suid-Afrika derde geëindig het in die Wêreldbekertoernooi. Die Stormers se gewese breier, Allister Coetzee, word beskou as gunsteling. Hy was ses jaar lank in beheer van die Kaapse span voor hy na Japan is om die Kobelco Steelers af te rig. Coetzee was ook Jake White se hulpafrigter toe Suid-Afrika in 2007 as wêreldkampioen gekroon is.