Subscribe by Email

Nuuskommentaar: Skotse onhafhanklikheid

België

België

Onlangs was die Belge presies ’n jaar sonder regering, nadat die laaste verkiesingsuitslae dit ’n haas onbegonne taak gemaak het vir die Vlaminge en die Franssprekende Wale om ’n nasionale regering te vorm. Daar word druk bespiegel dat België as staat kan verdwyn, en in ’n onafhanklike Vlaandere en ’n onafhanklike Wallonië sal uitkristalliseer.
Nou lyk dit of die Skotte hulle dalk kan voorspring.
Na die onlangse oorweldigende oorwinning van die Skotse Nasionale Party in die Skotse parlement, het die Britse regering toestemming vir ’n referendum oor Skotse onafhanklikheid gegee. Dié referendum sal waarskynlik binne vyf jaar gehou word.
Dit is egter nie net die Skotse Nasionale Party wat veld gewen het nie. Ook die Skotse Groenes wat ook Skotse separatisme voorstaan, het goed veld gewen.
Hierdie middelpuntvliedende kragte kom te midde van ’n middelpuntsoekende krag in die teenoorgestelde rigting – die nouer staatkundige verweefdheid van die Europese Unie wat al onder meer ’n Europese Parlement en die Europese Kommissie (regering) opgelewer het. Dié staatsvorming het waarskynlik reeds die definisie van ’n konfederasie agtergelaat.
Een van die bepalings van lidmaatskap tot die Europese Unie is die selfbeskikkingsreg van minderhede. Spanje, om lid te kon word, moes groter outonomie aan sy Baskiese en Kataloniese gebiede verskaf. Die Skotte en Walliesers het sonder dat daar baie opsigtelike druk daarvoor was, eie parlemente gekry – hoewel die Skotse Nasionale Party al in die 70ger-jare begin steun kry het vir uiteindelike onafhanklikheid. Die Walliese Nasionale Vergadering het in 1998 tot stand gekom, en het sestig lede. Dit het geleidelik meer wetgewende magte verkry, en kan eers van Maart vanjaar af wetgewing onafhanklik van die Britse parlement deurvoer.
Die oorspronklike Skotse parlement het van die 13de eeu af bestaan tot dit in 1707 met die Britse saamgesmelt het. Die eerste sitting van die nuwe Skotse parlement het in 1999 plaasgevind. Hoewel daar min in Suid-Afrika daarvan gehoor is, het dit werk van ’n verbluffende gehalte begin lewer, en in die Europese konteks dikwels die toon aangegee soos leidinggewende wetgewing om die skerp groeiende voorkoms van outisme die hoof te bied. Trouens, alles, van die parlementêre webwerwe tot die moderne parlementsgebou spreek van gehalte.
Turkye, wat graag lid van die Europese Unie wil word, moet eers behoorlike selfbeskikkingsregte aan sy minderheidsgroepe, soos die Koerde, verskaf.
Die opkoms van minderhede se selfbeskikkingsaandrag, of selfs ’n drang vir volle onafhanklikheid te midde van ’n groter oorhoofse sentralisering, het so duidelik uitgekristalliseer dat dit ’n universeel erkende politiek-wetenskaplike waarheid is. Die Friese, wie se spreektaal bykans nie meer van Nederlands te onderskei was nie, het skielik weer aktief Friesies begin praat en skryf. Friesies het onlangs ’n amptelike taal in Nederland geword. Brabants het ’n eie Bybelvertaling gekry. Die Egte Finne het in die onlangse algemene verkiesing ’n sterk lopie gehad, en die Sweedse minderheid verontrus.
Die Belgiese fenomeen – en in ’n mindere mate die Baskiese – het egter so die toneel oorheers dat die oë nie op Skotland gehou is nie.
Hierdie opkomende nasionalisme kan breedweg vertolk word as dat terwyl daar in elk geval ’n soort sambreelregering – in hierdie geval die Europese Unie is – waarom kan ons dan nie regstreeks daar inskakel nie? Hoekom moet dit nog via ’n vreemde tussengganger wees? Die Egte Finne is egter ’n uitsondering – hulle wil op die oog af losser van die EU kom – minstens vir soverre hul hardverdiende geldjies buiteverhouding gebruik word om ander lidlande soos Griekeland en Portugal uit die finansiële doofpot te hou.
Ten laaste is daar die verskynsel dat konserwatiewer politiek oor ’n breë front besig is om liberalisme terug te dwing, ook buite Europa. Die wêreld het byvoorbeeld reeds kennis geneem wat die konserwatiewe Tea Party kan doen om nuwe lewe in die Amerikaanse Republikeinse Party te blaas. Pas het die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers ’n besluit met ’n groot meerderheid geneem wat permanent sal verhinder dat die pro-aborsiegroepe weer hul jaarlikse poging sal kan aanwend om staatsbefondsing vir aborsies te verkry. ‘n Die pas-afgehandelde Kanadese verkiesing word as verdere slegte nuus vir pres. Barack Obama se kanse beskryf om nog ’n termyn die pyp te rook. Die Kanadese Konserwatiewe Party het sy aantal setels van 143 tot 167 opgeskuif, en het nou ‘n gemaklike meerderheid in die parlement. Die Liberale Party, wat eens so die toneel oorheers het, het na die verkiesing net 34 setels.
Soos dikwels is daar ook hier ‘n uitsondering op die reël: Die radikale Bloc Quebecois het van 43 setels na net 4 teruggesak. – Herman Toerien

Schotland mag een referendum gaan uitschrijven over zijn onafhankelijkheid. De Britse regering heeft daar toestemming voor gegeven. Dat heeft de Britse minister voor Schotse Zaken, Michael Moore, zondag gezegd tegen de BBC. Binnen vijf jaar wordt de volkspeiling waarschijnlijk gehouden.
De Scottish National Party, die streeft naar onafhankelijkheid, won donderdag een absolute meerderheid in het parlement van Schotland. Daarmee kan de partij het referendum uitschrijven waar ze al jaren voor pleit. Ook een andere separatische partij, de Schotse Groenen, ging flink vooruit.

Schotland maakt sinds 1707 deel uit van het Verenigd Koninkrijk. Het is ongeveer twee keer zo groot als Nederland en telt ruim vijf miljoen inwoners. Schotland heeft al sinds de negende eeuw een eigen vlag, net als eigen bankbiljetten, een eigen nationale voetbalploeg en eigen sportcompetities. Trouw

One Response to Nuuskommentaar: Skotse onhafhanklikheid

  1. Andre

    Mei 10, 2011 at 12:30 pm

    Bakgat, Skotland skud die spul af.