Subscribe by Email

Nuuskommentaar: Seisoen van stakings

Jaarliks word Suid-Afrika se ekonomie groot skade deur stakings aangerig. Stakings in Suid-Afrika gaan tradisioneel erg met intimidasie, geweld, vandalisme en rommelstrooiery gepaard. Die gevolg is dikwels dat waar die publiek aan die begin van ‘n staking nog simpatie met die stakers se saak gehad het – soos wanneer die bestuur aan hulself reuse verhogings toegestaan het maar die werkers snoep – dit gou by die publiek verdamp.

Volgens baie bronne is Suid-Afrika nou die land met die grootste meetbare inkomstegaping na Brasilië sy gaping begin vernou het, en deur Suid-Afrika verbygesteek het. Pas het Eskom salarisverhogings van meer as 500 persent aan van sy bestuurslede toegestaan.

Weens die ANC se beleid van kaderontlooiing is die kwalifikasies van mense op die onderste inkomstevlak van munisipaliteite dikwels dieselfde as soustreinryers met ‘n inkomste van 36 keer en meer by dieselfde munisipaliteit.

Die harde werklikheid is egter ook dat Suid-Afrika ‘n groot, en groeiende werkloosheidsprobleem het. Amptelike en nie-amptelike syfers verskil. Pas het die departement van Binnelandse Sake 1 118 poste geadverteer, en 143 740 aansoeke ontvang. Een van die hoofredes hoekom buitelandse beleggers in Suid-Afrikaanse werksgeleenthede wil belê, is die sogenaamd liberale arbeidswetgewing, maar die implikasie van lang tye van stakings.

Die regering se optrede rondom looneise is dikwels moeilik om te verstaan. Voor verlede jaar se wêreldsokkertoernooi is vakbonde versoek om nie voor en tydens die sookker te staak nie. ‘n Aantal het egter juis die toernooi as hefboom gebruik om groot verhogings los te staak. Na die toernooi het die vakbonde wat aan die oproep gehoor gegee het, gevind die regering se hand is styf toe, en langdurige stakings, onder meer in die onderwys, het gevolg.

‘n Deel van die probleem is dat Suid-Afrika ‘n voorste bestemming vir asielsoekers, vlugtelinge en doodgewoon onwettige immigrante is. Dat buurman Mugabe sy land se ekonomie onder Suid-Afrika se neus verwoes het, is ‘n groot deel van die probleem. Dit skep dikwels ‘n klimaat van vreemdelingehaat.

So lank as wat die ANC sy pofpokkel, Julius, toelaat om die ekonomiese klimaat te verniel, so lank gaan dit moeilik wees om die ekonomie weer op dreef te kry.

Om natuurlike aanwas binne aanvaarbare perke te kry, is gegewe die rolmodelle nie so maklik nie.

Die feit dat stakings so maklik in geweld omsit, is ‘n probleem. Dit moet teen die agtergrond beskou word dat Suid-Afrika reeds die land wêreld se moordhoofsetel is, dat die land volgens verskeie bronne enkele jare gelede ook die wêreld se moord-hoofsetel geword het, die dat moordkoers onder boere en hul gesinslede volgens Interpol op meer as 300 per 100 000 per staan, vergeleke met die wêreld se moordkoers in die orde van sowat 5 per 100 000 per jaar en dat diensteproteste nog steeds voortgaan. Dit is onrusbarend dat Suid-Afrika as ‘n meer gewelddadige land as verskeie wat in oorlog gedompel is, gereken word.

Suid-Afrika sal teen wil en dank sy arbeidsbedeling moet hersien om die tipe nywerheidsgroei wat tot 1966 gemeet is te probeer nadoen.

Herman Toerien

One Response to Nuuskommentaar: Seisoen van stakings

  1. Angelique

    Desember 2, 2012 at 6:52 pm

    Hoekom gaan staak hulle nie voor die arbeidskantoor se deure nie. Die boere en die DA het nie die minimum loon vasgestel nie en Tony is goed daarvan bewus. Teen wie en wat word daar nou regtig gestaak. Hierdie hele aangeleentheid is polities gemitiveerd. Die uwe voel niks vir die plaaswerkers nie. Mnr Tony kry asseblief vir jou ‘n stokperdjie want dit lyk of jy gans en al te veel tyd op jou hande het. Los die boere dat hulle doen wat hulle goed doen nl om te boer, want agv van jou optrede en aanhitsing gaan die boere en hulle gesinne dalk binnekort al die werk self moet doen omdat hulle nie die werkers kan bekostig nie. Ek dink jy verkeer onder ‘n wanpersepsie dat sodra ‘n wit seun gebore word hy ‘n plaas kry. Kyk om jou rond meneer ons wittes moet ons gatte afwerk om erens te kom. Niks wat ons het, het in ons skoot geval nie, dit het bloedsweet gekos. Meeste van die sogenaamde wittes wat vir apartheid verantwoordelik was is reeds oorlede. Kry dus asseblief iets anders om op te hammer apartheid is al so holrug gery. Wat gaan jy vir al die stakers se wat hulle werk hierdeur gaan verloor. Vra maar net.