Subscribe by Email

Nuuskommentaar: Kalifornië skud en skud – maar net liggies

Die Ring van Vuur om die Stille-Oseaan lewer steeds die grootste gros van aardbewings op, wat veral duidelik blyk uit die lys van aardbewings van sterker as 5 op die Moment-maginitudeskaal.

Wat egter op die USGC-lys ontbreek, is aardbewings van hierdie sterkte aan die Kaliforniese kus, op die berugte San Andreasfout.

Die wêreldkaart wat nog ligter aardbewings aandui, wys egter ‘n heel ander prentjie. Kalifornië skud en skud die afgelope paar dae, maar dis ligte aardbewings.

Hierdie aardskuddings, of trillings, is nie noodwendig ‘n aanduiding dat die grootte kom nie – in teendeel – dit kan selfs goeie nuus wees.

Onlangse navorsing het aangetoon dat aardbewings selfs taamlik ver van die San Andreas, die plate weerskante van die fout effens kan laat skuif. In beginsel word so voorkom dat spanning opbou.
Herman Toerien