Subscribe by Email

Nuuskommentaar: As my geskiedenis ander vervreem

Opsomming

Pas het die redakteur van ‘n groot Nederlandse koerant een van sy rubriekskrywers ‘n polemiekskrywer genoem. Is dit wat Henry Jeffreys en Max du Praaz die afgelope paar dae probeer wees het? Jeffreys het die kat aan die stert beet oor wat dr. Pieter Mulder oor grond gesê het en is die kop behoorlik die kop gewas, onder meer deur die historikus, prof. Hermann Giliomee en deur oud-minsiter André Fourie.

Du Preez seil onder Afriforum in oor Afriforum se veldtog om die geskiedenis reg te stel. Hy meen Afriforum se pogings sal slegs dien om swart mense se houding te verhard en onverdraagsaamheid teenoor die Afrikaner stimuleer.

Beide gevalle het te make met die ANC se weergawe van die geskiedenis, en beide is rubriekskrywers. Of Jeffreys ook, soos Du Preez, ‘n polemiekskrywer wil wees, is onseker.

As sy bydrae tot die herdenking van Grondwetweek, wys die FW de Klerkstigting juis op die feit dat die grondwet die produk van ‘n historiese kompromis is. Hierdeur word twee sake op die tafel geplaas: dat die ANC al lank nie meer na die skikking verwys nie, maar na ‘n oorwinning wat dit sou behaal het – ‘n oorwinning net so fiktief as die Kubane en MPLA se oorwinning by Cuito Cuanavale, en dat dit ‘n breekspul sal afgee as elke groep sy eie weergawe van die geskiedenis opdis en aan die ander probeer opdwing.

Dis hieroor dat Du Preez hom eerder moet bekommer, nie oor iemand die ware geskiedenis probeer suiwer hou nie. En om die ANC se verdraaiing van die geskiedenis as onbenullig af te maak, terwyl die Afrikaner se poging om dit reg te stel agterweë moet bly omdat dit allerlei negatiewe gevolge tot gevolg sou hê, is negrofilisties en buitendien ‘n skop tussen die bene vir die grondwet. As die benutting van die grondwet, soos Afriforum se haatspraaksaak teen Julius Malema, so sleg is moet erken word dit haper erg met die grondwet.

Jeffreys het hom klaarblyklik op sleeptou laat neem deur wanvoorstellings wat hardnekkig in die media nesskop, en in die geval van die SABC selfs al mutasies ondergaan het. Terwyl van die media hulle skynbaar deur ‘n DA-LP se mediaverklaring dat dr. Mulder ‘n geskiedenisles nodig het met donkie-ore laat toerus het, is ander gewoon moedswillig. Hulle is gewoonlik ook gou om te sê hul kritici speel die media, en nie die bal nie. Tot Volksblad se krediet was die Fourie-brief en die Giliomee-artikel waarin Jeffreys tot orde geroep is reeds die volgende dag in die koerant.

Du Preez moet kennis neem dat ‘n volk sonder selfrespek geen volk kan wees nie. ‘n Volk het die reg om nie, soos Retief dit reeds in sy manifes gemeld het, onregverdig deur wolhaarstories beoordeel te word nie. Die polimiekskrywer se taak om die lesers se gedagtes te prikkel is veel meer gesofistikeerd as om blatant te lieg of gewoon dwars te wees.

Volledige artikel by http://hermantoerien.posterous.com/nuuskommentaar-geskiedenis-en-polemiek-hulle