|

Vryheidsfront Plus maak beswaar oor “Tswane Show”

Die Vryheidsfront Plus maak as gereelde uitstaller by die Pretoria skou beswaar teen die verandering van die naam van die Pretoria skou na die Tshwane skou.

Die naam verwar skougangers en die aanspraak van die skoubestuur dat die naam “Tshwane show” aan die skou ‘n internasionale geur gee is belaglik, so se mnr Philip van Staden, VF Plus leier van Pretoria.

Daar bestaan geen geografiese plek soos Tshwane nie en die skou wat ‘n geskiedenis van meer as 70 jaar het, vind plaas in die hartjie van Pretoria en staan reeds sedert 1963 as die Pretoria skou bekend. Die skou loop more teen einde.

Die leier van die VF Plus in Gauteng en LPW mnr Jaco Mulder het van Staden ondersteun deur te se dat die verandering van die naam skougangers verwar en die 47 jarige tradisie effektief versmoor het. Hierdie sogenaamde strategiese besluit van die Tshwane besigheids-en landbou korporasie is kortsugtig en vervreem die tradisionele uitstallers en skougangers.

Talle skougangers het die naamsverandering by die VF Plus stalletjie veroordeel en aangedui dat hulle die skou nie weer sal ondersteun nie.

Die VF Plus was die afgelope jare met sukses in ‘n hofstryd gewikkel om die behoud van die naam Pretoria. Dit is ‘n skande dat die skoubestuur met soveel disrespek met die erfenis omgaan, veral nadat talle hofuitsprake en selfs die president van Suid Afrika erkenning aan die naam Pretoria gegee het, het Mulder gese.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1465

Leave a Reply

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan