Voormalige Burgemeester in hof oor bedrog met tieners
‘n Burgemeester van Noord-Wes wat na bewering munisipale fondse gebruik het om 14 tieners vir sokkerafrigting na Brasilië te stuur, verskyn vandag in die hof.
Die voormalige burgemeester van die Ngaka Modiri Molema distriksmunisipaliteit, Themba Gwabeni, en drie ander verdagtes verskyn vandag op aanklagte van bedrog in die landdroshof in Mahikeng.
Gwabeni en sy mede-beskuldigdes word daarvan verdink dat hulle die munisipale infrastruktuur-fonds met bykans tien miljoen rand bedrieg het. Die tieners is van vroeg 2009 af vir 14 maande na Brasilië gestuur om sokkerafrigting te kry. Gwabeni het vroeër gesê die tieners is Vigs-wesies en straatkinders, en hy probeer dienslewering met gemeenskapsbemagtiging balanseer.
Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1443