Spesiale vergunning vir onwettige Zimbabwiers in SA opgeskort
Die kabinet gaan sy spesiale vergunning aan Zimbabwiese burgers aan die einde van die jaar beëindig. Zimbabwiërs was sedert April verlede jaar toegelaat om sonder die nodige dokumente in Suid-Afrika te woon.
Die regering sê ná 31 Desember vanjaar moet alle Zimbabwiërs in Suid-Afrika die nodige dokumente hê anders gaan hulle gedeporteer word.
Harare het as deel van die bilaterale ooreenkoms onderneem om die nodige dokumente aan sy burgers uit te reik. Die regering sê die spesiale vergunning is gemaak toe daar ‘n politieke krisis in Zimbabwe was.
Die kabinet glo dat ‘n mate van stabiliteit na Zimbabwe teruggekeer het, en dat Zimbabwiërs soos enige ander buitelander behandel moet word.
Die regeringswoordvoerder sê die kabinet se besluit om die vergunning op te skort, is om te verseker dat alle buitelanders wettig in Suid-Afrika is.
Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1446