|

Netcare doen humanitere hulp aan pasiënte van provinsiale hospitale

Die privaathospitaalgroep, Netcare, sê hulle het meer as 730 pasiënte behandel wat weens die staatsdiensstaking nie toegang tot gesondheidsorg by ‘n staatshospitaal kon kry nie.

Die bestuurshoof van Netcare, dr. Richard Friedland, sê die pasiënte wat behandel is was baie siek of uiters kwesbaar. Hy sê onder normale omstandighede sou die sorg, medikasie en gespesialiseerde diens sowat 15 miljoen rand gekos het.

Hy het beklemtoon dat Netcare nie betaling vir sy dienste eis nie, omdat die groep dit as humanitêre hulpverlening beskou. Friedland sê al die Netcare hospitale vaar goed, ondanks die buitengewone groot hoeveelheid pasiënte.

Die Staatsdienskommissie het intussen ‘n dringende beroep op onderhandelaars gedoen om gemeenskaplike gronde met vakbonde te kry. Die kommissie sê die voortslepende staking het ‘n negatiewe invloed op dienslewering, en die toekoms van veral matrikulante en siek mense word op die spel geplaas. Vakbonde behoort Maandag ‘n antwoord te gee op die staat se jongste salarisaanbod.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1468

Leave a Reply

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan