|

Nasionale testamentweek, kry jou gratis testament by ‘n prokureur.

Die Prokureursorde van Suid-Afrika het ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners – wat nie testamente het nie – om dit volgende week op te stel. ‘n Landwye veldtog word van Maandag tot Vrydag, 6 tot 10 September 2010 gehou waartydens mense gratis testamente kan laat doen.

Meer as 700 regsfirmas sal mense inlig oor waarom ‘n testament nodig is en aanbied om dit vir hulle gratis op te stel. Die mede-voorsitter van die Prokureursorde, Peter Horn, sê die veldtog is deel van die organisasie se maatskaplike verantwoordelikheid. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat die veldtog gehou word.

Voorwaardes:
• Slegs prokureurs wat aan die Nasionale Testamentweek deelneem, sal u testament
gratis opstel.
• Die Testamentweek duur slegs van 6 tot 10 September 2010.
• Slegs ’n nuwe, basiese testament sal opgestel word. Geen wysigings of
heropstellings van bestaande testamente sal gedoen word nie.
• Afsprake moet met ’n prokureur wat deelneem aan die Testamentweek, gemaak word.

Die kontakbesonderhede van ’n prokureur wat u testament gratis sal opstel is
verkrygbaar van die prokureursorde in u provinsie:

Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes
Prokureursorde van die Noordelike Provinsies (012) 338 5800

Kaapprovinsies: Kaapse Wetsgenootskap (021) 443 6700

Vrystaat: Prokureursorde van die Vrystaat (051) 447 3237

KwaZulu-Natal: KwaZulu-Natal Law Society (033) 345 1304

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1449

2 Comments for “Nasionale testamentweek, kry jou gratis testament by ‘n prokureur.”

  1. Kan u my asseblief n lys van die Prokureurs in Pretoria verskaf wat die gratis diens sal lewer?

    Dankie en Groete

    Gerrie

    Redaksie: U moet die prokureurs orde in die Noordelike Provinsie skakel vir die lys van prokureurs in Pretoria. Hul telefoon nommer is in die artikel.

Leave a Reply

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...