|

Lennit Max afgedank deur Zille, moes hy plek maak vir de Lille?

Lennit Max

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Lennit Max het nie vanoggend vir werk aangemeld nie. Dit volg ná berigte dat hy deur die premier, Helen Zille afgedank is om deur die OD-leier, Patricia de Lille vervang te word.

Werknemers in Max se kantoor sê hy is nie daar nie. Zille het intussen ‘n nuuskonferensie vir vanmiddag belê. Die provinsiale regering wou tot dusver niks in verband met die berigte bevestig nie.

Zille reageer nie op telefoonoproepe of sms-boodskappe nie en Max is ook nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Die ANC se leier van gemeenskapsveiligheid, Lynne Brown se dit is “skokkend”. omdat Zille so min as omtrent ‘n jaar gelede aangekondig het dat die kabinet in die Wes-Kaap ‘n gesonde kabinet is.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1454

Leave a Reply

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan