|

Earl opgradeer na kategorie 4, beserings en sterftes word verwag

Orkaan Earl is tot ‘n katagorie vier storm aangepas te midde van waarskuwings dat groot skade aangerig sal word indien die orkaan oor die Karibbiese gebied beweeg en die Amerikaanse kus bereik.

Volgens voorspellings sal Earl by die Bahamas verby trek voordat dit moontlik later die week die Amerikaanse ooskus sal tref. Dit is nog nie moontlik om te bepaal waar die storm die vasteland gaan bereik nie.

Die Amerikaanse orkaansentrum waarsku egter dat daar ‘n hoë risiko van beserings of sterftes is. Die Atlantiese kusgebied van Noord Carolina tot Nieu England en Kanada kan hulle egter gereed maak vir minstens deurdringende reën, gevaarlike seetoestande en stormsterk wind.

Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1427

Leave a Reply

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan