Christchurch aardbewing groot skade aan infrastruktuur
Die Nieu Seelandse regering sê daar is nie grootskaalse ongevalle nadat ‘n kragtige aardbewing die tweede grootste stad in die land, Christchurch gisteraand getref het nie.Die aardbewing het sewe komma een op die Richterskaal geregistreer en groot skade aan infrastruktuur aangerig. Die minister van verdediging, John Carter, sê groot skade is aangerig wat die ekonomie erg sal benadeel.
Die eerste minister, John Key en ander senior regeringslui het ook na Christchurch vertrek om hulle van die situasie te vergewis. Geboue het ineengestort en talle paaie en brûe is beskadig. Krag- en watervoorsiening moet ook herstel word.
Die regering het vroeër ‘n noodtoestand afgekondig. Die middelpunt van die aarbewing was naby ‘n klein plaasgemeenskap, Darfield, sowat 20 kilomter wes van Christchurch. Die aardbewing het Nieu Seelanders in die vroeë oggendure getref en het sowat 40 sekondes geduur.
Short URL: http://www.koerant.co.za/?p=1459
