Subscribe by Email

Nou volop aardbewings

Die aardbewing van M 8.6 by Sumatra en sy groot naskok van M 8.2 het dalk nie ‘n tsunami opgelewer nie, maar dit lyk of dit die wêreld as’t ware “wakkergeskud het.
Waar die USGC-kaart vir beduidende aardbewings die voorafgaande week gewoonlik om en by 200 aardbewings aandui, is dit nou 351, na dit kort na die grotes tot oor die 300 opgeskiet het.

Navorsing op die San Andreasfout het getoon dat groot aardbewings elders trillings in hierdie fout veroorsaak. Dit lyk egter nie of dit nou die geval was nie – omdat die kaart in die VSA ook trillings van M2,5, teenoor M4,5 elders aandui, is die groot voorkoms van aardbewings in die VSA op die kaart ietwat misleidend.
Waar die beduidende aardbewings gewoonlik sterk om die Pasifiese Ring van Vuur gesentreer is, lyk dit of aardbewings elders “losgeskud” is. Plekke wat nie gereeld op aarbewingkaarte opduik nie, is bv in die Drake-kanaal aan die verre suidpunt van Suid-Amerika, een 33 kilometer van Nairobi in Nigerië. Die grotes is egter ook voorafgegaan deur ongewoon baie aardbewings weg van die groot voorkomsgebiede, soos in Namibië, en eilande waar Suid-Afrika weerstasies het weerskante van die kontinent. Hulle is egter nie meer op die kaart nie. Die ander wat op die jongste kaart “elders” voorkom, soos een van M 5.5 is gebiede wat nie vreemd aan aardbewings is nie. ‘n Skudding van M 5,5 in die suide van Griekeland is so ‘n gebied. Meksiko en die Suid-Sandwitch-eilande is ander gebiede wat groot aardbewings ken.
Die sterkste een sedert die onlangse Sumatra-skuddings was een van M6.9 in die Kaliforniese Golf langs Meksiko. Aan die ander kant van die VSA se Kalifornië het ‘n stewige skudding van M 5.9 aan die kus van Oregon voorgekom.