Subscribe by Email

Nou in die Nuweveldberge

lioDie leeumannetjie wat meer as ’n week gelede uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap het, bevind hom nou in die Nuweveldberge naby die grens met die Noord-Kaap.

Sanparke-woordvoerder Fay Ludick sê drie polisiebeamptes – twee van Kaapstad en een van Beaufort-Wes wat by veediefstal-eenhede betrokke is – het hulle gister by die soekgeselskap aangesluit.

Volgens berigte het die leeu reeds 14 skape doodgebyt en ook Vrydag ’n koedoebul op die plaas Tafelberg tussen Beaufort-Wes enLeeu-Gamka platgetrek.