Subscribe by Email

Normale winterweerstoestande word van môre af voorspel.

coldNá twee dae van erge koue weerstoestande en sneeu-neerslae oor groot dele van die Vrystaat en Noord-Kaap is daar goeie nuus vir inwoners van die provinsies.

Die kouefront wat die laaste paar dae heers, beweeg vinnig weg en normale winterweerstoestande word van môre  af voorspel.

Dit was vanoggend steeds bibberkoud en die kwik het in groot dele van die Vrystaat en Noord-Kaap tot onder  vriespunt gedaal.