Subscribe by Email

Noorweegse polisiehoof bedank oor Breivik

Die hoof van Noorweë se polisie, Øystein Mæland, het bedank.

Dit volg kort na ‘n kommissie van ondersoek na Anders Breivik se moordorgie ‘n striemende aanval op die polisie se hantering daarvan geloods het.

Na afloop van die kommissiebevindinge het opposisiepartye ook die kop van die premier geëis wat persoonlik voorstelle sewe jaar gelede vir die sluiting van die straat vir verkeer voor die gebou waar Breivik ‘n bom laat ontplof het, teengestaan het.

Foto: Dts-news

 

 

Herman Toerien