Subscribe by Email

Noord-Koreaanse diktator konsolideer mag

Enkele dae na die Noord-Koraanse weermaghoof amptelik weens swak gesondheid “afgetree” het, word die motiewe daaragter duideliker toe die land se diktator, Kim Jong Un homself as die Maarskalk van die Strydmagte aangestel het.

Waarnemers het na die wegdoen met Ri Yong Ho bespiegel dat daar ‘n magstryd in Noord-Korea ondervind word. Kim se eie aanstelling versterk hierdie siening, en dit sal spanning is die streek na verwagting verder laat toeneem nadat dit duidelik geword het dat Kim sy pa en voorganger se radikale beleid voortsit. Dit sluit die ontwikkeling van missiele in wat die veral nabygeleë Japan onthuts, terwyl die land ook daarvan verdink word dat dit ‘n offensiewe kernvermoë ontwikkel.

Hoofbron: Berliner Umschau

Herman Toerien