Subscribe by Email

Noodlottige treinbotsing in Gauteng kan onder meer toegeskryf word aan ‘n menslike fout

2285589569‘n Menslike fout en wanfunksionele organisasiestelsels binne die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika het gelei tot die botsing tussen twee treine in Denver, Gauteng, ‘n jaar gelede. ‘n Metrowag is dood en 240 mense beseer toe ‘n Metroplus Express-trein teen ‘n Business Express gebots het. ‘n Voorlopige verslag van die Spoorveiligheids-reguleerder toon dat daar nie fout was met die treine of the sinjaaltoerusting nie. Die masjinis van die bewegende Business Express het vooraf verskeie waarskuwings gekry oor laatkom by die werk en die laat vertrek van treine.