Subscribe by Email

Nooddienste gaar brandstofvoorraad op te midde van die staking

810Nooddienste is gedwing om hulle brandstofvoorraad op te gaar terwyl die staking in die petroleumbedryf voortsleep. Verskeie vulstasies in die land se voorraad is reeds op. Eric Nicholls van die noodreaksiediens Vitalmed het aan eNCA gesê daar word ook besluit watter oproepe voorkeur moet kry in ‘n poging om brandstof te bespaar. Meer as vyftien duisend lede van die vakbond Ceppwawu het Donderdag begin staak.

Brandstofpryse daal skerp om middernag. Petrol is môre 99 sent per liter goedkoper en diesel 73 sent. Die kleinhandelprys van lampolie daal met 88 sent, terwyl gas een Rand 60 sent per kilogram goedkoper word.