Subscribe by Email

Nominasies vir welwillendheidspersoon

Die tweede jaarlikse FW de Klerk Welwillendheidstoekenning sal op 2 Februarie 2012 toegeken word, tydens die FW de Klerk Stigting se jaarlikse galadinee in Kaapstad. Die Toekenning is ingestel deur die Stigting se Raad van Trustees in Oktober 2010, ter erkenning van die persoon – of organisasie – wat `n voorbeeldige bydrae gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners. Dr Danny Jordaan was die eerste ontvanger van hierdie Toekenning in 2011, vir sy bydraes tot nasionale welwillendheid deur sy werk en leierskap as hoof van die Plaaslike Reëlingskomitee van die 2010 FIFA Sokker Wêreldbeker.

Nominasies

Die Stigting nooi graag die publiek en belangstellende organisasies uit om `n individu of organisasie – wat `n voorbeeldige bydrae gelewer het tot die bevordering van welwillendheid tussen Suid-Afrikaners – te nomineer vir die 2012 FW de Klerk Welwillendheidstoekenning. Nominasies sluit op 30 November 2011.

Hoe om `n nominasie te maak

Om `n nominasie te maak, kontak Irene Saunders by die Stigting met die naam van die individu of organisasie wat jy wil nomineer:

E-pos: irene@fwdeklerk.org
Telefoon: 021 930 3622
Faks: 021 930 3898

Nominasies kan ook gemaak word op ons Twitter- en Facebook-blaaie: