Subscribe by Email

Nog waarskuwings vir swaar reën vandag

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het nog swaar reën vir vandag in vier provinsies voorspel. Inwoners van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes word aangeraai om op hulle hoede te wees, nadat swaar reën tot oorstromings in verskeie gebiede gelei het.

Die oorstromings het sedert die middel van Desember reeds 40 lewens geëis. Agt-en-twintig munisipaliteite in sewe provinsies is tot dusver tot rampgebiede verklaar. Nooddienste bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag terwyl provinsiale regerings spartel om hulpbronne in die hande te kry om mense te help wie se huise weggespoel is.

Die Johannesburgse en Ekurhuleni-munisipaliteite, wat ook tot rampgebiede verklaar is, sê hulle verskerp hul reaksie op die natuurramp.

Meer as duisend mense is in Johannesburg dakloos gelaat, nadat hulle huise deur die vloedwater meegesleur is. Volgens die woordvoerder van die Nooddienste, Percy Morokane, was dat daar geen ongevalle nie.