Subscribe by Email

Nog veranderinge word oorweeg vir die Superrugby-toernooi

1837193-38741091-2560-1440Die Supertoernooi kan dalk nog ‘n dramatiese verandering beleef nadat die Australiese rugbyunie se hoof, Bill Pulver, erken het dat hy nie seker is hoeveel Australiese Superspanne ná volgende seisoen nog sal bestaan nie. Die uitslag van ‘n onafhanklike ondersoek na die struktuur van die toernooi behoort teen die einde van die jaar bekend te wees. Volgens berigte word ‘n model wat uit 16 spanne bestaan in die vooruitsig gestel en dit word reeds deur die Australiese rugbyraad bespreek. Dit sal beteken dat Suid-Afrika en Australië elk een franchise sal moet opgee.