Subscribe by Email

Nog twee boere die naweek geskiet

Mnr. Frik van Deventer (64) is eergisteraand op sy plaas, Langwater, naby die Botswana-grens en Dorset in die Vaalwater-gebied in die Waterbergstreek met ’n kopskoot vermoor. Sy vrou het ook ligte beserings opgedoen en is erg geskok.

Die moordenaars het met die egpaar se vuurwapen kluis agter op hul bakkie gevlug. Die polisie het die bakkie en steeds geslote kluis met vermoedelik jagwapens in  gevind waar dit langs ‘n pad gerol het, maar daar is geen teken van die moordenaars nie.

In die ander aanval is ’n slapende mnr. Danie Nortjé (58) eergisternag op sy plaas tussen Potchefstroom en Vanderbijlpark deur sy slaapkamervenster en toe gordyne met vermoedelik ’n haelgeweer in die rug geskiet. Nortjé is in ’n bestendige toestand in die Potchefstroom-hospitaal. Die motief vir hierdie aanval is onbekend. Daar is nêrens ingebreek nie en niks is skynbaar gesteel nie.

One Response to Nog twee boere die naweek geskiet

  1. Sonja

    Maart 15, 2010 at 5:13 am

    Julius Malema het mos gepraat, so daar sal beslis meer en meer boere vermoor word. Waarheen is SA oppad? Tyd vir terugveg is nou!