Subscribe by Email

Nog swaar reën in Europa

franceDele van Europa staal hulle vir nog swaar reën na oorstromings waarin minstens vyf mense dood is. Vier mense het in die suide van Duitsland verdrink en nog twee word vermis, terwyl duisende huise sonder krag is. In sentraal-Frankryk, waar die ergste vloede in meer as ‘n eeu voorgekom het, is die liggaam van ‘n ouer vrou in haar oorstroomde huis gekry. Duisende mense moes in Frankryk ontruim word en duisende noodoproepe is gemaak.