Subscribe by Email

Nog steun vir Finansminister Pravin Gordhan

160314gordhan2-jpgDie ANC se voormalige tesourier-generaal, Mathews Phosa, sê Finansminister Pravin Gordhan tree heeltemal binne sy regte op om stil te bly en dit wat met hom gebeur, kom neer op teistering en moet endkry. Die polisie se Valke-eenheid het vroeër ‘n brief aan Gordhan gestuur om hom in te lig dat hy aangekla gaan word van onder meer die beweerde vestiging van ‘n geheime eenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens terwyl hy kommissaris was.

Phosa het in ‘n onderhoud met eNCA gesê Gordhan moet nou daarop fokus om sy mediumtermyn-beleidsverklaring voor te berei en verseker dat Suid-Afrika se kredietwaardigheid nie afgradeer word nie.

President Jacob Zuma se seun, Edward, sê intussen Gordhan is nie bo die wet verhewe nie en sy gedrag is pure arrogansie. Hy het reageer nadat Gordhan geweier het om hom gister by die Valke aan te meld. Zuma sê Gordhan wil homself as slagoffer uitbeeld, maar hy is nie. Die voormalige SAID-kommissaris Oupa Magashule het bevestig dat hy ‘n waarskuwings-verklaring aan die Valke gegee het.