Subscribe by Email

Nog Russiese atlete word verbied om aan die Olimpiese Spele deel te neem

160728124836-03-russian-olympic-athletes-rio-super-169Sportfederasies het nog Russiese atlete verbied om aan volgende maand se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem. Ses fietsryers en ‘n stoeier het nou aangesluit by die lys van sowat 110 atlete van die land wat nie mag deelneem nie. Dit volg nadat ‘n ondersoek van die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada, bevind het dat Russiese atlete se opkikkermonsters gemanipuleer is tydens 2014 se Winterspele in die Russiese stad Sochi.

Die Internasionale Olimpiese Komitee het verlede week besluit om nie ‘n algehele verbod in te stel op die land se deelname aan die Spele nie, maar dit aan die onderskeie federasies oor te laat om daaroor te besluit.