Subscribe by Email

Nog reaksie op die Arbeidshof se beslissing teen die SAUK

SABC_4Verskeie organisasies het die Johannesburgse Arbeidshof se beslissing verwelkom dat die afdanking van vier SAUK-joernaliste onwettig was en dat hulle onmiddellik weer in diens geneem moet word. Foeta Krige, Suna Venter, Krivani Pillay en Jacques Steenkamp het die hof genader nadat hulle hulle werk verloor het omdat hulle hulle teenkanting uitgespreek het teen die korporasie se verbod op die uitsending van beeldmateriaal van gewelddadige betogings. Regter André van Niekerk het die uitspraak namens regter Robert Lagrange gelewer: