Subscribe by Email

Nog ‘n verdagte terroris gearresteer op Schipol lughawe

Die Nederlandse polisie het `n Britse man van Somaliese afkoms op die lughawe Schiphol in Amsterdam weens vermoedelike bande met terrorisme in hegtenis geneem.

Die staatsaanklaer sê die polisie stel ondersoek in of die man wat van Liverpool gevlieg het en op pad was na Oeganda, bande het met `n estremiste organisasie.

Die man is ná `n wenk van die Britse owerheid vasgetrek. Die inhegtenisneming beteken die derde terreurskok by Schiphol in minder as `n jaar.

Verlede jaar met Kersfees het `n Nigeriese man, Umar Farouk Abdulmutallab na bewering probeer om `n vliegtuig op pad van Amsterdam na Detroit op te blaas met plofstof wat hy in sy onderklere versteek het.

Verlede maand is twee mans van Jemen ook ná `n vlug van Chicago op Schiphol vasgetrek nadat die owerheid verdagtes items in hulle bagasie gekry het, maar hulle was later weer vrygelaat weens gebrek aan getuienis.