Subscribe by Email

Nog ‘n silwer medalje vir Chad le Clos

Chad+Le+ClosChad le Clos het gisteraand sy tweede silwer medalje by vanjaar se Spele gewen toe hy die tweede plek in die 100-meter-vlinderslag met die Amerikaner, Michael Phelps, en die Hongaar Laszlo Cseh gedeel het. Die tyd was 51-komma-vier-een sekondes. Die wenner was Joseph Schooling van Singapoer. Le Clos het vroeër ook ‘n silwer medalje in die 200-meter-vryslag gewen. Dit is bevestig dat hy nie vandag aan die uitdunne van die vier-by-100-meter aflos sal deelneem nie.