Subscribe by Email

Nog ‘n kandidaat van die ANC word vermoor

councillorDie ANC in die Oos-Kaap het bevestig dat een van sy kandidate in die Nelson Mandelabaai-metro doodgeskiet is. Nceba Dywili is verlede nag in Zwide vermoor kort nadat hy stemwerwing gedoen het saam met ‘n lid van die party se nasionale uitvoerende komitee, Lindiwe Sisulu. Twee mans het op hom losgebrand nadat hy ‘n vrywilliger by haar huis afgelaai het. Dywili was ‘n kandidaat in wyk vier in Walmer vir volgende week se plaaslike regeringsverkiesing.

Lede van die Umkhonto we Sizwe-militêre veterane-vereniging win inligting in om nog moorde op ANC-kandidate te verhoed. ‘n Woordvoerder sê hoewel die polisie en intelligensie-dienste die polities-gemotiveerde moorde ondersoek, gaan die organisaie ook help. Minstens dertien ANC-kandidate is reeds vermoor in die aanloop tot die verkiesing.