Subscribe by Email

Nog ‘n groot kragonderbreking tref Johannesburg

substation3‘n Kragonderbreking raak minstens ag gebiede van Johannesburg weens ‘n probleem by die substasie in Roosevelt. Die kragvoorsiener City Power sê dit sluit Blackheath‚ Northcliff‚ Fairlands‚ Berario‚ Risidale Emmarentia‚ Linden en Victorypark in. Tegnici werk om die probleem op te los. Volgens TimesLive het minstens 300 kragonderbrekings die vorige twee maande oor ‘n tydperk van vier weke in 174 woongebiede in die Goudstad voorgekom.