Subscribe by Email

Nog mense in hegtenis geneem na die terreuraanvalle in Brussel

151116152419-04-paris-attacks-manhunt-super-169Sewe mense is in België en Parys in hegtenis geneem nadat gemaskerde teen-terreur-polisie ‘n reeks klopjagte in Europa uitgevoer het. Dit hou verband met die slagting in Brussel en ‘n nuwe terreur-komplot. Die polisie het toegeslaan op eiendomme in die Schaerbeek- en Jette-distrik van Brussel en altesaam ses mense in hegtenis geneem. Twee word verbind met Dinsdag se aanvalle op die lughawe en metro-treinstasie. In Parys is ‘n Fransman in hegtenis geneem weens ‘n beplande terreuraanval wat volgens amptenare reeds in ‘n gevorderde stadium van beplanning was.