Subscribe by Email

Nog kommer oor die moontlike optrede teen Pravin Gordhan

gordDie Kaapse Regsgenootskap is bekommerd oor die invloed wat dreigende optrede teen Finansminister Pravin Gordhan op die land se maatskaplike, ekonomiese en politieke bestendigheid en op openbare en internasionale vertroue kan hê. Die liggaam het die polisie se Valke-eenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag gevra om die proses te versnel en hulle terselfdertyd streng te hou aan die wet en die Grondwet. Die kamer sê ‘n uitgerekte ondersoek met gevolglike media-bespiegeling sal ernstige en potensieel skadelike gevolge inhou wat die land kwalik kan bekostig.