Subscribe by Email

Nog klippie in skoen vir België

Nog ‘n klippie het in die skoen van die vorming van ‘n Belgiese federale regering beland. Die instaanpremier, Yves Leterme, is as adjunk-sekretaris-generaal van die Organisasie van Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling benoem, en die aanstelling behoort ‘n formaliteit te wees.

Die onderhandelings om ‘n nuwe regering te vorm duur nou al amper 500 dae, en op ‘n paar kritieke punte lyk dit of die onderhandelaars geen snars gevorder het nie sedert die samesprekings begin het nie.

Pas is berig dat ‘n vliegtuig gestuur is om die koning inderhaas in Nice te gaan haal. Die rede was nog nie bekend nie, maar die media het gemeen dit hou met die skaakmat verband wat nou om onder meer begrotingsredes besig is om ‘n krisis te word. Die vorige dag nog is berig dat die koning die onderhandelaars aangesê het om hul voete te lig.

Leterme se party, die Christen-Demokrate & Vlaanderen, se houding is dat hulle trots is op hul man se nuwe aanstelling. Vir amper 500 dae word hy eintlik net gebruik om “lopende sake” aan die gang te hou. “Wat het julle dan verwag?”

Leterme sal volgens aanduidings sy pligte lopende sake-verpligtinge afhandel – in elk geval tot die einde van die jaar. Maar die boodskap is duidelik: Onbepaald kan dit nie so gaan nie.

Herman Toerien