Subscribe by Email

Nóg klagtes teen Malema

Julius1

Die Polekwane polisie ondersoek klagtes van aanranding, opsetlike saakbeskadiging en die rig van ‘n vuurwapen teen EFF-leier Julius Malema.  Malema was verlede week in Tzaneen ook aangekla van aanranding, crimen injuria en intimidasie.

Polisiewoorvoerder, Kol. Ronél Otto het gesê die klagte is aanhanging gemaak ná ‘n voorval Sondag in die vroeë oggendure by die Peter Mokaba-stadion.

Die drama het begin toe Malema en ‘n groep mense ‘n musiekfees by die stadium wou bywoon.  Hulle het glo nie kaartjies gehad nie.

Volgens bewerings het Malema ‘n vuurwapen uitgepluk en op ‘n veiligheidswag gerig.