Subscribe by Email

Nog huldeblyke na die dood van ‘n gewese minister van Sport

stofDie ANC in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap sê Suid-Afrika het een van sy beste en mees revolusionêre leiers verloor met die dood van die voormalige minister van Sport, Makhenkese Stofile. Hy is op 72-jarige ouderdom in sy huis op Alice in die provinsie dood. Die ANC sê Stofile was ‘n ware leier wie se idees en bydrae tot die bevrydingstryd komende geslagte sal besiel. Die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Oregan Hoskins, sê Stofile het ‘n uiters waardevolle bydrae tot die stryd gelewer deur sy werk in die sport-arena en was ‘n ware rugby-man.