Subscribe by Email

Nog geheime van sediba bekend gemaak

Opspraakwekkende nuwe inligting oor die Australopithecus Sediba wat deur prof. Lee Berger en sy span wetenskaplikes ontrafel is, word vandag bekend gemaak.
Sediba is ook van môre af weer saam met verskeie ander fossiele in ‘n spesiale uitstalling te sien. Een van die fossiele wat kom gesig wys, is dié van die bekende “mev. Ples.” Ook verskeie nuwe ontdekkings in die Wieg van die Mensdom sal uitgestal word. Die uitstalling duur tot 26 September.
Begeleide toeligting, gevolg deur ‘n smullekker ete, sal daagliks van vier-uur af plaasvind. Tydens die voorligting sal verduidelik word hoe die verskillende skedels en skelette aan mekaar verwant is.