Subscribe by Email

Nog drie polisielede word in Amerika doodgeskiet

Police officers block off a road after a shooting of police in Baton Rouge, Louisiana, U.S. July 17, 2016.  REUTERS/Joe Penney

Police officers block off a road after a shooting of police in Baton Rouge, Louisiana, U.S. July 17, 2016. REUTERS/Joe Penney

President Barack Obama het die moord op drie polisielede in Baton Rouge in die Amerikaanse staat Louisiana veroordeel. Hulle is uitgeroep nadat skote by ‘n vulstasie gevuur is, waarna ‘n man met ‘n aanvalsgeweer op hulle losgebrand het. Volgens die BBC is die aanvaller ook doodgeskiet, terwyl drie geregsdienaars gewond is. Dit het gevolg nadat vyf polisielede tien dae gelede in Dallas afgemaai is tydens ‘n betoging teen polisielede wat swartmense doodskiet. Obama het gevra vir kalmte en sê niks kan geweldpleging teen wetstoepassers regverdig nie.