Subscribe by Email

Nog atlete se vertroulike mediese rekords word uitgelek

chrisDie Russiese kuberkrakergroep Fancy Bear het die vertroulike mediese inligting van ‘n tweede groep atlete bekend gemaak. Die besonderhede van die Amerikaanse atlete Venus en Serena Williams en Simone Biles is vroeër die week onthul nadat die groep ingebreek het by die rekenaarstelsel van die Wêreldagentskap teen Opkikkergebruik, Wada. Die tweede onthulling bevat besonderhede oor onder meer die Tour de France-wenner, Chris Froome van Brittanje, en atlete van Duitsland, Denemarke, Pole, Roemenië en Rusland.