Subscribe by Email

Nog ‘n arrestasie in Wierbabrug-GPF-onmin

“In die voeë oggendure vanoggend is ‘n tweede lid van die nou ontbinde Valhalla GPF, mnr. Gunther Botha, gearresteer in verband met die beweerde moord op ‘n rondloper in Valhalla, en nog ander se huise deursoek. Dit het gebeur ten spyte daarvan dat die voormalige voorsitter van die GPF, mnr. Louis Fourie, raadslid Richard Botha en ds. Noel Brington, ‘n lid van die gemeenskap, samesprekings met die bevelvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor gevoer het, waartydens hy deur Fourie ingelig is dat getuienis beskikbaar geword het dat polisie van Wierdabrug na bewering self by die insident betrokke was,” aldus Richard Botha,. raadslid van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Die GPF het in die verlede doeltreffend misdaad in die gebied aangespreek, en het daarom voortdurend konfrontasie met die polisie gehad, ween die polisie se ondoeltreffendheid en beweerde betrokkenheid by misdaad. ‘n Mens kan dus bloot bespiegel dat die huidige verwikkelinge die gevolg is van ‘n vendetta teen die voormalige GPF-lede en ‘n potensiële toesmeeraksie is van polilisiebetrokkenheid by die voorval.

“In die lig van onlangse onthullings dat die polisie miljoene rande aan slagoffers moes betaal wat verkeerdelik in hegtenis geneem is, wil dit voorkom of die polisie hulle weer eens aan dieselfde optrede kon skuldig gemaak het.

“Met die baie onthulleings oor polisiebrutaliteit en wangedrag, meen die CDP dat diegene in bevel beheer oor die lede verloor het en dring daarom aan dat die minister van Veiligheid en Sekuriteit ondersoek laat instel na die voorval.”